Israel het waarnemingstatus by AU

Reaksie word ontvang nadat Israel formele waarnemerstatus by die Afrika Unie gekry het. Die Israelse minister van buitelandse sake, Yair Lapid, het dit as ‘n diplomatieke prestasie bestempel tussen Israel en Afrika. Dit is volgens hom ‘n regstellende stap vir die anomalie wat byna twee dekades heers en is ‘n belangrike deel van die versterking van Israel se buitelandse betrekkinge. Politieke ontleder, dr. Charles Sinkala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat goeie nuus vir Afrika is.