Covid 19: 56 sterfgevalle, 277 nuwe gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 56 Covid-sterftes in 12 distrikte aangekondig, asook 277 nuwe gevalle uit 1 155 toetsuitslae wat ‘n 24 persent positiewe koers is. In die groep 23 leerders, agt gesondheidswerkers, vier studente en twee onderwysers. Daar is nou 20 701 aktiewe gevalle, waarvan 506 gehospitaliseer is met 79 in intensiewesorgeenhede. Die uitvoerende direkteur […]

Read More

Meer as R15 miljard nodig vir herstel van SA besighede

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Tito Mboweni, sê die land gaan meer as 15 miljard rand nodig hê om sake-ondernemings te help om te herstel. Die minister het die media toegespreek om die verligtingspakette uiteen te sit ná die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Mboweni het bevestig die staatsbeheerde versekeringsmaatskappy Sasria is ook besig […]

Read More

Kliënte hoogs tevrede met Namibiese arbeidsministerie

Die Namibiese arbeidsministerie het in die eerste kwartaal ‘n peiling oor kliënte tevredenheid gedoen en het 90,9 persent behaal na lede van die publiek ingespan is om die vrae te beantwoord. Verskeie arbeidsdepartemente sowel as krediteure en die skakelkantoor het veral goed gevaar. Die minister Utoni Nujoma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

VSA sê China brei kern-arsenaal uit

Die Federasie van Amerikaanse Wetenskaplikes sê satelliet-beelde toon oënskynlik die beduidendste uitbreiding van China se kern-arsenaal ooit. Volgens die liggaam se jongste verslag is daar aanduidings dat China ‘n tweede veld van tot 110 missiel-silo’s in die Xinjiang-streek bou. Vroeër die maand is 120 vermeende silo’s in aanbou in Gansu ontdek. Die navorsers meen die […]

Read More

SANParke onthoring renosters

SANParke sê die Kruger-wildtuin en sekerheidsvennote in die Groter Kruger-streek het begin met die strategiese onthoringing van sekere renosters in die Groter Kruger-beskermingsgebied. Parkowerhede in Limpopo en Mpumalanga sowel as privaatreservate in die gebied het die plan goedgekeur. Die wildtuin se bestuurshoof, Gareth Coleman, sê maatreëls soos hierdie word uitgebrei om stropers se aanslag ondoeltreffend […]

Read More

Nekbande en sonpanele op Etosha se diere…

Professor Morgan Hauptfleisch van Nust se Biodiversiteit-instituut het pas teruggekeer na ‘n week in die gebied van Etosha Nasionale Park waar verskeie diere nekbande ontvang het om hulle beweging te monitor. ‘n Groot span, wat studente van Unam ingesluit het, was deel van die projek. Professor Hauptfleisch sê soos grondgebruik verander, verander die beweging van […]

Read More

‘As hulle my nie wil hê nie, laat hulle sê’ – Noa

Die aanstellingsproses van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie gaan vanmiddag voort in die Nasionale Vergadering. Opposisiepartye het reeds aangedui dat hulle die heraanstelling van Paulus Noa sal teenstaan. Dit is Dinsdag in die parlement deur die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgestel. Noa sê as enigiemand teen sy heraanstelling is, moet hulle na vore tree.

Read More

IPPR-hersiening kyk na veral toerisme

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy jongste kwartaallikse ekonomiese hersieningsverslag bekendgestel. Volgens Graham Hopwood, direkteur by die instituut, is daar veral gekyk na die stand van sake in die toerisme sektor in die land. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Musiekopvoeding help met vaardighede

Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch het bevind musiekopvoeding in skole kan leerders toerus met vaardighede wat benodig is in die arbeidsmark van die 21ste eeu. Die Johannesburgse musiekonderwyser, Angie Mullins, wat onlangs haar doktorsgraad in Musiek aan Maties verwerf het, sê leerders se positiewe betrokkenheid by musiek help om ‘n vlak van aanpasbaarheid, skeppendheid en […]

Read More

China vorder wêreldwyd genetiese inligting van swanger vroue in

Reuters berig dat ‘n voorgeboorte toets, wat wêreldwyd gebruik word, aangewend is om genetiese data van swanger vroue in te samel. Die maatskappy, die BGI-groep, het die toets saam met die Chinese weermag ontwikkel en dit word internasionaal verkoop. Volgens Reuters word die inligting aangewend vir verskeie projekte wat die eienskappe van bevolkingsgroepe insluit. Daar […]

Read More