VSA sê China brei kern-arsenaal uit

Die Federasie van Amerikaanse Wetenskaplikes sê satelliet-beelde toon oënskynlik die beduidendste uitbreiding van China se kern-arsenaal ooit. Volgens die liggaam se jongste verslag is daar aanduidings dat China ‘n tweede veld van tot 110 missiel-silo’s in die Xinjiang-streek bou. Vroeër die maand is 120 vermeende silo’s in aanbou in Gansu ontdek. Die navorsers meen die gebeure trek China se verbintenis tot sy minimum-afweer-strategie in twyfel.