China vorder wêreldwyd genetiese inligting van swanger vroue in

Reuters berig dat ‘n voorgeboorte toets, wat wêreldwyd gebruik word, aangewend is om genetiese data van swanger vroue in te samel. Die maatskappy, die BGI-groep, het die toets saam met die Chinese weermag ontwikkel en dit word internasionaal verkoop. Volgens Reuters word die inligting aangewend vir verskeie projekte wat die eienskappe van bevolkingsgroepe insluit. Daar word ook berig dat ander navorsing kyk na die verbetering van die gehalte van bevolkings. Die VSA sê daar is ‘n daadwerklike risiko daaraan verbonde omdat China toegang tot inligting het wat hom beide militêre en ekonomiese voordele kan bied. Daar is kommer oor beheer wat die land kan neem oor die farmaseutiese bedryf, patogene en genetiese aanpassingstegnologie.