Covid 19: 56 sterfgevalle, 277 nuwe gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 56 Covid-sterftes in 12 distrikte aangekondig, asook 277 nuwe gevalle uit 1 155 toetsuitslae wat ‘n 24 persent positiewe koers is. In die groep 23 leerders, agt gesondheidswerkers, vier studente en twee onderwysers. Daar is nou 20 701 aktiewe gevalle, waarvan 506 gehospitaliseer is met 79 in intensiewesorgeenhede. Die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gee die jongste Covid-statistieke.