SANParke onthoring renosters

SANParke sê die Kruger-wildtuin en sekerheidsvennote in die Groter Kruger-streek het begin met die strategiese onthoringing van sekere renosters in die Groter Kruger-beskermingsgebied. Parkowerhede in Limpopo en Mpumalanga sowel as privaatreservate in die gebied het die plan goedgekeur. Die wildtuin se bestuurshoof, Gareth Coleman, sê maatreëls soos hierdie word uitgebrei om stropers se aanslag ondoeltreffend te maak en die infiltrasie van die wildbewaarderskorps deur misdaad-sindikate teen te werk.