‘As hulle my nie wil hê nie, laat hulle sê’ – Noa

Die aanstellingsproses van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie gaan vanmiddag voort in die Nasionale Vergadering. Opposisiepartye het reeds aangedui dat hulle die heraanstelling van Paulus Noa sal teenstaan. Dit is Dinsdag in die parlement deur die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgestel. Noa sê as enigiemand teen sy heraanstelling is, moet hulle na vore tree.