Musiekopvoeding help met vaardighede

Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch het bevind musiekopvoeding in skole kan leerders toerus met vaardighede wat benodig is in die arbeidsmark van die 21ste eeu. Die Johannesburgse musiekonderwyser, Angie Mullins, wat onlangs haar doktorsgraad in Musiek aan Maties verwerf het, sê leerders se positiewe betrokkenheid by musiek help om ‘n vlak van aanpasbaarheid, skeppendheid en vernuwing geskik vir die huidige arbeidsmark te bekom. Sy sê die eerste stap om ‘n toekomsgerigte musiek-leerplan te skep, is om skooladministrateurs en beleidsmakers in te lig hoe belangrik musiek in die onderwys is.