Meer as R15 miljard nodig vir herstel van SA besighede

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Tito Mboweni, sê die land gaan meer as 15 miljard rand nodig hê om sake-ondernemings te help om te herstel. Die minister het die media toegespreek om die verligtingspakette uiteen te sit ná die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Mboweni het bevestig die staatsbeheerde versekeringsmaatskappy Sasria is ook besig met evaluerings om die aansoekproses te bespoedig.