Vleisraad moet dokument opstel oor ekonomiese groei in vleisbedryf

Die Vleisraad is deur die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein versoek om ‘n dokument vir ekonomiese groei vir die vleisbedryf op te stel. Die dokument moet lei na die herstel en ekonomiese groei van die vleisbedryf om weer ‘n aansienlike bydrae tot die bruto binnelandse produk te maak. Dit behels onder meer die herstel van die […]

Read More

Kameelperde kan in Angola hervestig word

Jackson Hamutenya, ‘n student van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum doen navorsing op kameelperde, veral die hervestiging van kameelperde in Angola. Hy het sewe kameelperde met satelliet-nekbande in Julie 2019 in die Noordweste toegerus om sy navorsing oor hul habitat en die plante wat hulle eet, gedoen. Hy meen kameelperde […]

Read More

Skepe vermy Suid-Afrikaanse hawens

Skepe het begin om Suid-Afrikaanse hawens te vermy ná Transnet ‘n force majeure by sy hawens verklaar het. Vraghouerskepe wat veronderstel was om by beide Durban en Kaapstad se hawens vas te meer, is herlei. Volgens verskepingsagente is van die skepe na die hawe van Maputo herlei en ander na Asië wat die Afrika-vasteland vermy. […]

Read More

Ma van negeling wil nog kinders hê

Die 26-jarige ma van ‘n negeling, Halima Cisse van Mali, sê hulle ruil daagliks 100 babadoeke en draf deur ses liter melk, maar sy sien kans vir nog kinders. Sy het vroeër vanjaar in Marokko aan die negeling geboorte geskenk. Mali se regering ondersteun die groot gesin finansieel.

Read More

‘Kaapstad het geen noodplanne vir oorstromings’

Die Social Justice Coalition sê oorstromings in informele nedersettings gebeur herhaaldelik in Kaapstad, maar ondanks hiervan stel die stad geen noodplanne in om inwoners by te staan wat voortdurend deur die jaarlikse oorstromings geraak word nie. Die organisasie is van mening die stad kom nie sy verpligtinge na volgens die Wet op Rampbestuur nie. Hy […]

Read More

Kommissie vra ondersoek na ‘onsmenlike behandeling’ van plunderaars

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika het vir ‘n ondersoek gevra na die onmenslike behandeling van sommige van die plunderaars tydens die onrus en plundering van winkels en inkopiesentrums in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die kommissie is ontsteld oor ‘n voorval waar vroue na bewering gedwing is om in iets te swem wat soos water of […]

Read More

SA werkers kry toegang tot gedeelte van pensioenfonds vir verligting

Werkers in Suid-Afrika sal binnekort toegang kan kry tot ‘n persentasie van hulle pensioenfondse vir verligtingsdoeleindes. Die regering oorweeg om werkers toestemming te gee om dit te doen as deel van sy hulpplanne vir die verligting van die finansiële impak van die Covid-pandemie. Die minister van Finansies, Tito Mboweni, het die media hieroor ingelig en […]

Read More

Nampol kry hommeltuig

Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram het ‘n hommeltuig aan die Namibiese polisie geskenk. Die hommeltuig sal in operasies deur die mag benut word om vinniger en goedkoper misdadigers op te spoor. Die polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê dit sal polisiëring vergemaklik.

Read More

Julian Assange appelleer teen Ecuador oor sy burgerskap

WikiLeaks-stigter, Julian Assange, gaan appelleer teen die regering van Ecuador se beslissing om sy burgerskap te herroep. Die destydse president, Lenín Moreno, het in Desember 2017 die status van ‘n genaturaliseerde burger aan hom verleen. Die Australies-gebore Assange het onder beskerming van asielstatus byna sewe jaar in die Ecuadoriaanse ambassade in Londen deurgebring, om uitlewering […]

Read More

Amerika gee 5,7 miljoen Pfizer-dosisse aan Suid-Afrika

Die Amerikaanse regering het 5,7 miljoen dosisse van die Pfizer Covid-19-entstof aan Suid-Afrika beskikbaar gestel as deel van sy wêreldwye pogings om die pandemie te beveg. Amerikaanse President Joe Biden het beloof om 500 miljoen dosisse entstof aan die wêreld te skenk, insluitend Afrika, deur Covax en in samewerking met die Afrika Sentrum vir Siektebeheer asook die Afrika-unie. Die Solidariteitsfonds in Suid-Afrika ondersteun […]

Read More