Kameelperde kan in Angola hervestig word

Jackson Hamutenya, ‘n student van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum doen navorsing op kameelperde, veral die hervestiging van kameelperde in Angola. Hy het sewe kameelperde met satelliet-nekbande in Julie 2019 in die Noordweste toegerus om sy navorsing oor hul habitat en die plante wat hulle eet, gedoen. Hy meen kameelperde kan wel in Angola hervestig word weens die geskikte habitat, die beskikbaarheid en diversiteit van plante wat deur kameelperde geëet word, asook die positiewe houding van Angolese om weer kameelperde terug te verwelkom. Hy sê die risiko vir stropery kan vermy word deur die kameelperde te monitor. Hamutenya meen bewaringsbestuurders kan nou die volgende stappe neem kameelperde in Angola te hervestig. Hamutenya praat met Kosmos 94.1 Nuus