Julian Assange appelleer teen Ecuador oor sy burgerskap

WikiLeaks-stigter, Julian Assange, gaan appelleer teen die regering van Ecuador se beslissing om sy burgerskap te herroep. Die destydse president, Lenín Moreno, het in Desember 2017 die status van ‘n genaturaliseerde burger aan hom verleen. Die Australies-gebore Assange het onder beskerming van asielstatus byna sewe jaar in die Ecuadoriaanse ambassade in Londen deurgebring, om uitlewering aan Swede op aanklagte van seksuele molestering en teistering te vermy. Assange word ook gesoek in die VSA op ‘n aanklag van sameswering om militêre geheime te steel, nadat WikiLeaks geklassifiseerde dokumente gepubliseer het.