Nampol kry hommeltuig

Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram het ‘n hommeltuig aan die Namibiese polisie geskenk. Die hommeltuig sal in operasies deur die mag benut word om vinniger en goedkoper misdadigers op te spoor. Die polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê dit sal polisiëring vergemaklik.