‘Kaapstad het geen noodplanne vir oorstromings’

Die Social Justice Coalition sê oorstromings in informele nedersettings gebeur herhaaldelik in Kaapstad, maar ondanks hiervan stel die stad geen noodplanne in om inwoners by te staan wat voortdurend deur die jaarlikse oorstromings geraak word nie. Die organisasie is van mening die stad kom nie sy verpligtinge na volgens die Wet op Rampbestuur nie. Hy sê inwoners moet gevolglik worstel met die werklikheid van ‘n munisipaliteit wat die armes blykbaar wil straf weens hul bestaan.