Vleisraad moet dokument opstel oor ekonomiese groei in vleisbedryf

Die Vleisraad is deur die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein versoek om ‘n dokument vir ekonomiese groei vir die vleisbedryf op te stel. Die dokument moet lei na die herstel en ekonomiese groei van die vleisbedryf om weer ‘n aansienlike bydrae tot die bruto binnelandse produk te maak. Dit behels onder meer die herstel van die primêre produsent, geskikte fondse aan die direktoraat van veeartsenydienste, ‘n finale besluit oor die veterinêre kordonheining, ‘n droogtebeleid, optimale gebruik van slagkapasiteit, die implementering van ‘n weidingstrategie en ontbossing, asook die hersiening van wette en beleide wat groei belemmer. Die dokument moet in die volgende twee weke voltooi word waarna dit aan die minister en verskeie rolspelers vir bespreking oorhandig word.