Skepe vermy Suid-Afrikaanse hawens

Skepe het begin om Suid-Afrikaanse hawens te vermy ná Transnet ‘n force majeure by sy hawens verklaar het. Vraghouerskepe wat veronderstel was om by beide Durban en Kaapstad se hawens vas te meer, is herlei. Volgens verskepingsagente is van die skepe na die hawe van Maputo herlei en ander na Asië wat die Afrika-vasteland vermy. Dit volg na die onluste, asook ‘n kuberaanval op Transnet. Transnet se dienste sal glo Vrydag weer aanlyn wees. Namport se Elias Mwenyo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar wel vragte wat vir Suid-Afrika bestem was, se bestemmings na buurlande, soos Namibië verander kan wees . Hy sê egter dit is normaal vir die verskepingsbedryf en daar kan verwag word dat vragte tydelik in pakhuise geberg word.