Ma van negeling wil nog kinders hê

Die 26-jarige ma van ‘n negeling, Halima Cisse van Mali, sê hulle ruil daagliks 100 babadoeke en draf deur ses liter melk, maar sy sien kans vir nog kinders. Sy het vroeër vanjaar in Marokko aan die negeling geboorte geskenk. Mali se regering ondersteun die groot gesin finansieel.