Kommissie vra ondersoek na ‘onsmenlike behandeling’ van plunderaars

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika het vir ‘n ondersoek gevra na die onmenslike behandeling van sommige van die plunderaars tydens die onrus en plundering van winkels en inkopiesentrums in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die kommissie is ontsteld oor ‘n voorval waar vroue na bewering gedwing is om in iets te swem wat soos water of ‘n alkohol-storting in die Mamelodi-inkopiesentrum, Tshwane, gelyk het. Tamara Mathebula van die kommissie sê die grondwet waarborg elkeen se regte en dié regte geld ook vir plunderaars