Damprook-vereniging vies vir die WGO

Die Vapour Products Association of South Africa is omgekrap oor die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanbeveling aan die Suid-Afrikaanse regering om damprook en elektroniese sigarette beter te reguleer. Die uitvoerende hoof, Asanda Gcoyi, sê die WGO en ander groepe het weereens getoon dat hulle nie die primêre verskil tussen tabak en nikotien verstaan nie. Gcoyi sê tabak […]

Read More

NV-aanstellings weer in die wiele gery

Opposisiepartye se besware teen prosesse, sperdatums en kandidate het weer Woensdag se sessie in die Nasionale Vergadering om verkiesingskommissarie by die Verkiesingskommissie aan te stel, ontwrig. Die sessie is laat Woensdagnamiddag onbepaald deur die Speaker, professor Peter Katjavivi verdaag. Dinsdag was daar ook geen konsensus bereik in die aanstelling, of te wel, heraanstelling van die […]

Read More

Amerikaanse Senaat keur Biden-bouplanne goed

Die president van Amerika, Joe Biden, het die Tweeparty Infrastruktuurooreenkoms geloof as ‘n teken aan die wêreld dat Amerika se demokrasie kan funksioneer. Dit volg nadat die Senaat gestem het dat die ooreenkoms kan voortgaan. Biden sê dis die belangrikste infrastruktuur-wetsontwerp in ‘n eeu. Hy voeg by dit sal die ekonomie laat groei, werksgeleenthede met […]

Read More

PDM vra ook dat ombudpos weer geadverteer word

Die posisie van die Namibiese ombudsman bly in die nuus. Die PDM-party het sy stem bygevoeg by die oproep wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gedoen is om weer die posisie te adverteer. Daar was ‘n skamele vier aansoeke vir die pos en die onderhoude van die drie kandidate wat op die kortlys is, […]

Read More

Mandela-begrafnisbedrogsaak begin Oktober

Die verhoor van beskuldigdes in die Nelson Mandela-begrafnisskandaal sal op 5 Oktober in die Hooggeregshof in Oos-Londen begin. Die beskuldigdes sluit onder meer die voormalige LUR van Gesondheid, Sindiswa Gomba, en die streeksdirekteur van die ANC, Phumlani Mkolo, in. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en die oortreding van die Wet op […]

Read More

Maren se uitleweringproses vorder

Berigte lui dat die proses vir die uitlewering van die omstrede prokureur Maren de Klerk voortduur. Die minister van justisie Yvonne Dausab het aan plaaslike media bevestig dat kommunikasie tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse owerhede voortduur maar wou nie besonderhede bekend maak nie. De Klerk word betrek by die Fishrot-skandaal deur middel van sy regsfirma MB […]

Read More

Jeug raak die pad byster

Biskop Lyndon Enrico van Wyk sê die jeug is baie deurmekaar, veral tydens die Covid-pandemie, en bevraagteken die rol van die kerk en godsdiens. Hy het ‘n artikel geskryf met die titel: The Youth: Living between faith and fear during the pandemic, en hoop dit het ‘n impak op hul besluitneming. Biskop Van Wyk gesels […]

Read More

Omgewingsfonds bevorder volhoubaarheid

Die internasionaal bekroonde Environmental Investment Fund of Namibia het ten doel om individue, projekte en gemeenskappe te ondersteun om die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne te verseker. Desire Theunissen, voorsitter van die hersieningskomitee van die fonds verduidelik hul mandaat.

Read More

Swapo-raadslid skuldig op korrupsie-klag

‘n Swapo plaaslike raadslid van die munisipaliteit van Otjiwarongo, Hilde Noreses, is deur landdros Marilize du Plessis skuldig aan korrupsie bevind. Noreses moet ‘n boete van 50 000 Namibiese dollar betaal of twee jaar agter tralies bestee nadat sy skuldig bevind is aan die oortreding van die Teenkorrupsiewet. Sy is in 2018 gearresteer nadat sy […]

Read More

Maike is in die finaal!

Die Namibiese roeier Maike Diekmann het vanoggend derde plek behaal in die in die 2 000-meter vroue enkelskul vir die C/D semifinaal vir individuele roeiers by die Olimpiese Spele. Sy het ‘n tyd van 7 minute, 40 sekondes behaal en kwalifiseer dus vir die finaal. Lovisa Claesson van Swede het eerste gekom met ‘n tyd […]

Read More