NV-aanstellings weer in die wiele gery

Opposisiepartye se besware teen prosesse, sperdatums en kandidate het weer Woensdag se sessie in die Nasionale Vergadering om verkiesingskommissarie by die Verkiesingskommissie aan te stel, ontwrig. Die sessie is laat Woensdagnamiddag onbepaald deur die Speaker, professor Peter Katjavivi verdaag. Dinsdag was daar ook geen konsensus bereik in die aanstelling, of te wel, heraanstelling van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa nie. Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sê parlementslede is daar om wette na te kom… Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.