Damprook-vereniging vies vir die WGO

Die Vapour Products Association of South Africa is omgekrap oor die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanbeveling aan die Suid-Afrikaanse regering om damprook en elektroniese sigarette beter te reguleer. Die uitvoerende hoof, Asanda Gcoyi, sê die WGO en ander groepe het weereens getoon dat hulle nie die primêre verskil tussen tabak en nikotien verstaan nie. Gcoyi sê tabak is verslawend en nikotien is nie só skadelik nie: