Mandela-begrafnisbedrogsaak begin Oktober

Die verhoor van beskuldigdes in die Nelson Mandela-begrafnisskandaal sal op 5 Oktober in die Hooggeregshof in Oos-Londen begin. Die beskuldigdes sluit onder meer die voormalige LUR van Gesondheid, Sindiswa Gomba, en die streeksdirekteur van die ANC, Phumlani Mkolo, in. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die beweerde bedrog van 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand is tydens Mandela se begrafnis in 2013 deur middel van vals tenderprosesse in die Buffalo City-munisipaliteit gepleeg. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy het ‘n sterk saak.