Maike is in die finaal!

Die Namibiese roeier Maike Diekmann het vanoggend derde plek behaal in die in die 2 000-meter vroue enkelskul vir die C/D semifinaal vir individuele roeiers by die Olimpiese Spele. Sy het ‘n tyd van 7 minute, 40 sekondes behaal en kwalifiseer dus vir die finaal. Lovisa Claesson van Swede het eerste gekom met ‘n tyd van 7 minute 35 sekondes en Jovana Arsic van Serwië was tweede met ‘n tyd van 7 minute, 39 sekondes.