Maren se uitleweringproses vorder

Berigte lui dat die proses vir die uitlewering van die omstrede prokureur Maren de Klerk voortduur. Die minister van justisie Yvonne Dausab het aan plaaslike media bevestig dat kommunikasie tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse owerhede voortduur maar wou nie besonderhede bekend maak nie. De Klerk word betrek by die Fishrot-skandaal deur middel van sy regsfirma MB de Klerk en Vennote en het na bewering van die betrokke fondse oorgedra. Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het ook gepoog om drie senior bestuurders van die Yslandse vismaatskappy Samherji uit te lewer maar, Ysland se wetgewing laat nie uitlewering toe nie. Die saak kom weer op 19 Augustus voor vir die samevoeging van die twee sake.