PDM vra ook dat ombudpos weer geadverteer word

Die posisie van die Namibiese ombudsman bly in die nuus. Die PDM-party het sy stem bygevoeg by die oproep wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gedoen is om weer die posisie te adverteer. Daar was ‘n skamele vier aansoeke vir die pos en die onderhoude van die drie kandidate wat op die kortlys is, is uitgestel omdat een gehospitaliseer is. Die PDM sê daar is niks wat die regdienskommissie verhoed om weer die pos te adverteer nie. Frederico Links van die instituut het op sy beurt hulle standpunt oor die saak so verwoord.