Amerikaanse Senaat keur Biden-bouplanne goed

Die president van Amerika, Joe Biden, het die Tweeparty Infrastruktuurooreenkoms geloof as ‘n teken aan die wêreld dat Amerika se demokrasie kan funksioneer. Dit volg nadat die Senaat gestem het dat die ooreenkoms kan voortgaan. Biden sê dis die belangrikste infrastruktuur-wetsontwerp in ‘n eeu. Hy voeg by dit sal die ekonomie laat groei, werksgeleenthede met goeie salarisse skep en Amerika op ‘n oorwinningspad na die toekoms plaas: