Pegasus: Rwanda sê hy het nie op Cyril gespioeneer nie

Rwanda ontken ten sterkte dat hy die omstrede Pegasus-programmatuur gebruik om Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa te spioeneer. ‘n Onlangse ondersoek toon Ramaphosa is geteiken, saam met talle ander staatshoofde, en mediagroepe regoor die wêreld. Agente wat in ballingskap in Suid-Afrika woon, het Rwanda se praktyke volgens Suid-Afrikaanse berigte bevestig.

Read More

Tsoenami-waarskuwing na 8,2-aardbewing in Alaska

‘n Vlak aardbewing van 8,2 op die Richterskaal by die Alaska-skiereiland het gelei tot ‘n tsoenami-waarskuwing. Owerhede sê die aardbewing het ongeveer 3 ure terug plaasgevind en tot dusver is daar nog geen berigte van skade of lewensverlies nie. Die skudding het 35 kilometer diep plaasgevind. Die tsoenami-waarskuwing geld ook vir Hawaii en Guam. Owerhede […]

Read More

Numsa eis skerp verhogings by Harmony Gold

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika gaan vandag weer met Harmony Gold oor verdere loonsamesprekings vergader. Dit sal deur die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gelei word. Dit volg nadat die vorige ooreenkoms op die 30ste van verlede maand verval het. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle eis ‘n drie jaar-ooreenkoms […]

Read More

Vragvervoer neem toe op vasteland – IATA

Die internasionale lugvervoervereniging, IATA, se jongste verslag dui aan dat Afrika-rederye baie goed vorder verval met vragvervoer. Volgens Linden Birns, IATA se skakelbeampte in Afrika suid van die Sahara het vraag toegeneem.

Read More

Bezos sal Nasa US$2 miljard betaal om tuig te bou vir maanlanding

Die Amerikaanse miljardêr, Jeff Bezos het 2 miljard Amerikaanse dollar aan Nasa aangebied sou die agentskap ‘n kontrak aan sy maatskappy, Blue Origin toeken om ‘n tuig te bou om ruimtevaarders weer op die maan te laat land. Nasa het in April ‘n 2,9 miljard Amerikaanse dollar-kontrak aan Elon Musk se SpaceX toegeken om ‘n […]

Read More

DBN moedig gasvryheidsbedryf aan om van sy leningsfasiliteit gebruik te maak

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n beroep op besighede in die gasvryheidsbedryf, wat restaurante insluit, om gebruik te maak van sy Covid-19 verligtingsfondse. Die bank het net minder as 500 miljoen Namibiese dollar beskikbaar vir besighede en self entrepreneurs wat oor drie of ses maande geleen kan word om die impak van die pandemie te […]

Read More

Pfizer-skenking van VSA is beduidend se Schoub

Die mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19, Barry Schoub, sê die Amerikaanse regering se skenking van entstof aan Suid-Afrika is beduidend. Amerika het met die versending begin van ‘n donasie van 5,66 miljoen Pfizer-eenhede waarvan die eerste waarskynlik Saterdag sal aankom. Die res sal na verwagting Maandag afgelewer word. Schoub sê dit sal […]

Read More

Reaksie op betaling aan Mosambiek, eerder as om troepe te stuur

Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië 5,8 miljoen Namibiese dollar aan Mosambiek bewillig het in plaas daarvan om soldate na die Cabo Delgado gebied in die land te ontplooi. Rwanda, Botswana en Suid-Afrika het troepe gestuur. Die SAOG-raad se buitengewone beraad het aangekondig dat ongeveer 107 miljoen Namibiese dollar aan die land bewillig is […]

Read More

Veilige lande: Namibië is 62ste geplaas

Global Finance, ‘n internasionale tydskrif se jongste peiling oor veilige lande om te besoek het Namibië in die 62ste posisie uit 134 lande geplaas. In sy verslag sê Global Finance die pandemie het die wêreld onderstebo gekeer en om die veiligheid van lande vir toerisme te bepaal is nou belangriker as ooit. Die verslag ondersoek […]

Read More

Ten volle geënt? Geen kwarantyn in Brittanje nie

Besoekers uit die Europese Unie en die Verenigde State wat volledig ingeënt is, sal vanaf Maandag nie in kwarantyn hoef te gaan as hulle uit lande op die geel lys na Brittanje reis nie. Die Britse sekretaris van Vervoer, Grant Shapps, sê reisigers moet ingeënt wees met entstowwe wat deur die Europese Medisyne-agentskap of die […]

Read More