DBN moedig gasvryheidsbedryf aan om van sy leningsfasiliteit gebruik te maak

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n beroep op besighede in die gasvryheidsbedryf, wat restaurante insluit, om gebruik te maak van sy Covid-19 verligtingsfondse. Die bank het net minder as 500 miljoen Namibiese dollar beskikbaar vir besighede en self entrepreneurs wat oor drie of ses maande geleen kan word om die impak van die pandemie te mitigeer. Volgens berigte is besighede traag om die lenings te neem en onlangs het die minister van sport en jeug ‘n beroep op jeug in die Kunene-streek gedoen om die fondse te benut om besighede te begin en werk te skep.