Bezos sal Nasa US$2 miljard betaal om tuig te bou vir maanlanding

Die Amerikaanse miljardêr, Jeff Bezos het 2 miljard Amerikaanse dollar aan Nasa aangebied sou die agentskap ‘n kontrak aan sy maatskappy, Blue Origin toeken om ‘n tuig te bou om ruimtevaarders weer op die maan te laat land. Nasa het in April ‘n 2,9 miljard Amerikaanse dollar-kontrak aan Elon Musk se SpaceX toegeken om ‘n tuig te bou om ruimtevaarders maan toe te stuur, teen 2024. Bezos het ook gebie maar is nie die kontrak toegeken nie.