Tsoenami-waarskuwing na 8,2-aardbewing in Alaska

‘n Vlak aardbewing van 8,2 op die Richterskaal by die Alaska-skiereiland het gelei tot ‘n tsoenami-waarskuwing. Owerhede sê die aardbewing het ongeveer 3 ure terug plaasgevind en tot dusver is daar nog geen berigte van skade of lewensverlies nie. Die skudding het 35 kilometer diep plaasgevind. Die tsoenami-waarskuwing geld ook vir Hawaii en Guam. Owerhede in Japan en Nieu-Seeland sê die situasie word gemonitor. Daar was verskeie skuddings daarna, met sewe wat almal bo ses op die Richterskaal gemeet het.