Numsa eis skerp verhogings by Harmony Gold

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika gaan vandag weer met Harmony Gold oor verdere loonsamesprekings vergader. Dit sal deur die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gelei word. Dit volg nadat die vorige ooreenkoms op die 30ste van verlede maand verval het. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle eis ‘n drie jaar-ooreenkoms met ‘n loonverhoging van 15 persent in die eerste jaar, 16 persent in die tweede en 17 persent in die derde jaar: