Pfizer-skenking van VSA is beduidend se Schoub

Die mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19, Barry Schoub, sê die Amerikaanse regering se skenking van entstof aan Suid-Afrika is beduidend. Amerika het met die versending begin van ‘n donasie van 5,66 miljoen Pfizer-eenhede waarvan die eerste waarskynlik Saterdag sal aankom. Die res sal na verwagting Maandag afgelewer word. Schoub sê dit sal die land se inentingsprogram ‘n groot hupstoot gee: