Reaksie op betaling aan Mosambiek, eerder as om troepe te stuur

Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië 5,8 miljoen Namibiese dollar aan Mosambiek bewillig het in plaas daarvan om soldate na die Cabo Delgado gebied in die land te ontplooi. Rwanda, Botswana en Suid-Afrika het troepe gestuur. Die SAOG-raad se buitengewone beraad het aangekondig dat ongeveer 107 miljoen Namibiese dollar aan die land bewillig is om die insypeling deur gewapende terreurgroepe te beveg. Dr. Hoze Riruako, ‘n Namibiese politieke ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.