Ten volle geënt? Geen kwarantyn in Brittanje nie

Besoekers uit die Europese Unie en die Verenigde State wat volledig ingeënt is, sal vanaf Maandag nie in kwarantyn hoef te gaan as hulle uit lande op die geel lys na Brittanje reis nie. Die Britse sekretaris van Vervoer, Grant Shapps, sê reisigers moet ingeënt wees met entstowwe wat deur die Europese Medisyne-agentskap of die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmadministrasie goedgekeur is. Daar word berig dat hulle sal steeds ‘n Covid-19-toets moet doen wanneer hulle uit hul tuislande vertrek. Shapps het ook aangekondig internasionale bootreise word hervat.