Onluste: Gauteng-polisie is vooraf gewaarsku

Gautengse polisie is vooraf gewaarsku dat die onlangse geweld en plundery in KwaZulu-Natal na die provinsie sal uitbrei. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het voor die wetgewer verskyn om verslag te doen oor die polisie se optrede tydens die onluste. Sy het bevestig video- en klankmateriaal is van die Vosloorus-gebied aan die Oos-Rand vir […]

Read More

SA-owerhede sê 12 Twitter-rekening betrokke by onluste

‘n Verslag oor hoe 12 Twitter-rekeninge die onlangse geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng aangehits het, word vandag deur die Sentrum vir Analise en Gedragsverandering bekendgestel. Die sentrum se ondersoek wys hierdie rekeninge se herhaaldelike gebruik van hutsmerke was daarop gemik om oproer aan te moedig en die ekonomie tot stilstand te bring terwyl protes in […]

Read More

Sien om na jou geestelike lewe

Die plaaslike pastoor Brian Philander sê hy hoop dat kerke weer toegelaat sal word om vol dienste te hou. President Hage Geingob sal vanmiddag om drie-uur die nuwe Covid-maatreëls aankondig. Volgens Philander is dit veral nou van kritiese belang om, om te sien na ons geestelike lewe.

Read More

Covid-entstof bly omstrede

Veranderinge en nuwe dinge word nie normaalweg maklik aanvaar nie. Toe die Covid-pandemie die wêreld getref het, is daar verskillende entstowwe bekendgestel om die virus hok te slaan. In Namibië is die entstowwe met gemengde gevoelens, asook samesweringsteorieë begroet. Openbare gesondheidspesialis van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Roseline De Wee, sê die entstowwe wat beskikbaar is, is veilig […]

Read More

Hoe gelukkig is Namibiërs? Nuwe peiling sê

Virtual Capitalist het sy wêreldwye peiling oor hoe gelukkig landsburgers is, bekendgestel. Geluk is uit ‘n totaal van agt bereken. Namibië het 4,6 behaal terwyl Suid-Afrika 5 het. Zimbabwiërs is die ongelukkigste inwoners van die vasteland met ‘n punt van 3,1. Die gelukkigste land in Europa is Finland wat 7,8 behaal het. Kanadese is die […]

Read More

Vrouespan sê ondersteuning vir Bokke aan

Die Springbok-vrouespelers Zintle Mpupha, Lusanda Dumke en Chumisa Qawe het by ondersteuners reg deur die land aangesluit om hul manlike eweknieë te ondersteun. Hulle het in die aanloop tot die belangrike tweede toets môre teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad ‘n verpersoonlikte banier geskep. Die banier word in die Kaapstad-stadion tentoongestel saam met […]

Read More

Padveiligheid begin by hoe jy voor jou kinders bestuur

Terwyl ongelukke skerp afgeneem het met Covid-inperkings is daar steeds onnodige botsings met beserings en sterftes, ook tydens die aandklokreël. Dit is weer die einde van die maand en Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verskeersafdeling het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Ontslape veldwagters word môre internasionaal onthou

Wêreld Veldwagterdag word môre wêreldwyd gevier om veldwagters wat in die uitvoering van hul pligte dood is, te eer. Die werk wat hulle doen om die planeet se natuurlike skatte en kulturele erfenis te bewaar, sal ook gevier word. ‘n Woordvoerder van SANParke in die buurland, Rey Thakhuli, sê dis vanjaar noodsaaklik om te dink […]

Read More

Kunsmispryse stoot saaiboere se insette op

Kunsmispryse het in die eerste helfte van 2021 ’n beduidende styging getoon teenoor dieselfde periode in 2020, met relatiewe stygings van ongeveer 74,5 persent, 61,2 persent en 41,9 persent vir ammoniak, di-ammoniumfosfaat en ureum. Die oplewing was die gevolg van ’n hoë gewasaanplanting, wat vereis dat meer kunsmis gebruik word. ’n Styging in wêreldwye ru-oliepryse, […]

Read More

Vier miljard reeds geënt, 2% van Namibiërs ook

‘n Totaal van vier miljard inentings is reeds wêreldwyd toegedien. Die Verenigde Arabiese Emirate het die hoogste inentingsyfer op 64 persent van sy bevolking. Israel, wat vanaf Sondag ‘n derde spuit vir landsburgers ouer as 60 aanbied en van die eerste lande was wat inenting begin het, het 59 persent van sy burgers reeds gespuit. […]

Read More