Vrouespan sê ondersteuning vir Bokke aan

Die Springbok-vrouespelers Zintle Mpupha, Lusanda Dumke en Chumisa Qawe het by ondersteuners reg deur die land aangesluit om hul manlike eweknieë te ondersteun. Hulle het in die aanloop tot die belangrike tweede toets môre teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad ‘n verpersoonlikte banier geskep. Die banier word in die Kaapstad-stadion tentoongestel saam met ‘n paar ander deur bittereinder ondersteuners wat op hierdie unieke manier hul steun vir die span wys. Toeskouers word steeds nie in die stadion toegelaat nie.