Onluste: Gauteng-polisie is vooraf gewaarsku

Gautengse polisie is vooraf gewaarsku dat die onlangse geweld en plundery in KwaZulu-Natal na die provinsie sal uitbrei. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het voor die wetgewer verskyn om verslag te doen oor die polisie se optrede tydens die onluste. Sy het bevestig video- en klankmateriaal is van die Vosloorus-gebied aan die Oos-Rand vir die polisie gestuur waarin gewaarsku word oor die dreigende oproer: