SA-owerhede sê 12 Twitter-rekening betrokke by onluste

‘n Verslag oor hoe 12 Twitter-rekeninge die onlangse geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng aangehits het, word vandag deur die Sentrum vir Analise en Gedragsverandering bekendgestel. Die sentrum se ondersoek wys hierdie rekeninge se herhaaldelike gebruik van hutsmerke was daarop gemik om oproer aan te moedig en die ekonomie tot stilstand te bring terwyl protes in grootskaalse plundery ontaard het. Die direkteur van projekte, Stuart Jones, sê vier van die rekeninge behoort aan die Radikale Ekonomiese Transformasie-netwerk: