Covid-entstof bly omstrede

Veranderinge en nuwe dinge word nie normaalweg maklik aanvaar nie. Toe die Covid-pandemie die wêreld getref het, is daar verskillende entstowwe bekendgestel om die virus hok te slaan. In Namibië is die entstowwe met gemengde gevoelens, asook samesweringsteorieë begroet. Openbare gesondheidspesialis van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Roseline De Wee, sê die entstowwe wat beskikbaar is, is veilig vir gebruik en is getoets voor die goedgekeur is.

De Wee het ook die vraag beantwoord van hoe lank ‘n entstof beskerming bied. Sy het gesê navorsing gaan voort om die lengte van beskerming van ‘n entstof op die menslike liggaam te bepaal.