Hoe gelukkig is Namibiërs? Nuwe peiling sê

Virtual Capitalist het sy wêreldwye peiling oor hoe gelukkig landsburgers is, bekendgestel. Geluk is uit ‘n totaal van agt bereken. Namibië het 4,6 behaal terwyl Suid-Afrika 5 het. Zimbabwiërs is die ongelukkigste inwoners van die vasteland met ‘n punt van 3,1. Die gelukkigste land in Europa is Finland wat 7,8 behaal het. Kanadese is die gelukkigste in Noord-Amerika met 7,1 en inwoners van Haïti die ongelukkigste met 3,6. Afghanistan het ‘n rekord-lae punt van 2,5 behaal. Die verslag het gekyk na fasette soos gesondheid en finansiële welstand wat volgens die navorsers belangriker oor die jare geraak het. Kwessies soos maatskaplike ondersteuning, vryheid om keuses te maak, vrygewigheid, persepsies van korrupsie en geestesgesondheid is ook in ag geneem.