Ontslape veldwagters word môre internasionaal onthou

Wêreld Veldwagterdag word môre wêreldwyd gevier om veldwagters wat in die uitvoering van hul pligte dood is, te eer. Die werk wat hulle doen om die planeet se natuurlike skatte en kulturele erfenis te bewaar, sal ook gevier word. ‘n Woordvoerder van SANParke in die buurland, Rey Thakhuli, sê dis vanjaar noodsaaklik om te dink aan veldwagters wat aan Covid-19 gesterf het. Hy het ook verwys na die moed van ‘n veldwagter wat in sy invloedryke loopbaan ‘n groot verskil aan die Kruger Nasionale Park gemaak het: