Vier miljard reeds geënt, 2% van Namibiërs ook

‘n Totaal van vier miljard inentings is reeds wêreldwyd toegedien. Die Verenigde Arabiese Emirate het die hoogste inentingsyfer op 64 persent van sy bevolking. Israel, wat vanaf Sondag ‘n derde spuit vir landsburgers ouer as 60 aanbied en van die eerste lande was wat inenting begin het, het 59 persent van sy burgers reeds gespuit. Daar is 57 persent van Britte reeds ingeënt en in die VSA, is 49 persent van die bevolking gespuit, nes in die EU. Rusland het ‘n skamele 15 persent, Indië 7 persent en Suid-Afrika, 5 persent. Twee persent van die Namibiese bevolking is tot dusver ingeënt. Dit is onbekend hoeveel persone in China die spuit ontvang het omdat daar geen data is nie.