Kunsmispryse stoot saaiboere se insette op

Kunsmispryse het in die eerste helfte van 2021 ’n beduidende styging getoon teenoor dieselfde periode in 2020, met relatiewe stygings van ongeveer 74,5 persent, 61,2 persent en 41,9 persent vir ammoniak, di-ammoniumfosfaat en ureum. Die oplewing was die gevolg van ’n hoë gewasaanplanting, wat vereis dat meer kunsmis gebruik word. ’n Styging in wêreldwye ru-oliepryse, verhoogde kunsmisproduksiekoste en vervoerkoste dra ook by tot ’n styging in pryse. In die buurland het kunmispryse ook gestyg maar die rand verhandel redelik sterk teen die Amerikaanse dollar wat druk verminder het maar, brandstofpryse styg wat weer ‘n impak op vervoer het. Saaiboere se insetkoste sal na verwagting styg.