Inenting in Karas vorder baie goed

Die Hoof Mediese Beampte van die Keetmanshoop Staatshospital Dr. Refanus Kooper sê 80 persent van die gesondheidswerkers in die Karas-streek is reeds ingeënt teen Covid-19. Die eerste fase van die inentingsveldtog is ongeveer 3 weke gelede van stapel gestuur met net meer as 3 500 dosisse van die entstof wat in die streek beskikbaar gestel […]

Read More

Ellen se kletsprogram eindig volgende jaar

Die Ellen DeGeneres-program eindig volgende jaar ná sy 19-de seisoen. DeGeneres het in ‘n onderhoud met Amerikaanse media gesê sy wou reeds ná die 16de seisoen daarmee ophou, maar is omgepraat om vir nog 3 jaar voort te gaan. Sy sê hoewel dit ‘n wonderlike en prettige program is, is dit nie langer ‘n uitdaging […]

Read More

Christene wêreldwyd vier Hemelvaartdag

Vandag word Hemelvaartdag gevier om Jesus Christus se Hemelvaart volgens die Bybel te herdenk. Dit val altyd op ‘n Donderdag en vind plaas op die 40ste dag van Paasfees, 39 dae na Paassondag. Plaaslike Pastoor Brian Philander het sy boodskap so met Kosmos 94.1 se luisteraars gedeel.

Read More

Ivermektien moet aanbeveel word vir Covid – AfriForum

AfriForum in die buurland, en die groep dokters, I can make a difference, sê daar is bewyse dat Ivermektien ‘n belangrike bydrae lewer om Covid-19-verwante sterftes te verminder. Daarom is dit oneties en onverantwoordelik om nie die middel se gebruik aan te moedig om die uitwerking van die virus te bekamp nie. Die groep het […]

Read More

Burgemeester gee self werk vir 38 ‘vryheidstryd’ kinders

Die Burgemeester van Ondangwa Paavo Amwele het tydelike poste aan 38 sogenaamde Kinders van die Vryheidstryd toegeken. Luidens die jongste berigte het die groep meer as 2 maande gelede kamp opgeslaan by die kantore van die Ministerie van Arbeid op die dorp. Volgens Amwele het hy in sy private hoedanigheid die groep aangestel om die […]

Read More

Pandemies: internasionale raad is nodig

Nóg ‘n rampspoedige pandemie kan vermy word indien ‘n nuwe wêreldwye bedreigingsraad geskep word met die mag om lande aanspreeklik te hou. Dit is een van die belangrikste hervormings wat in ‘n onafhanklike verslag deur ‘n hoëvlak oorsigpaneel voorgestel word. Die paneel is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot stand gebring en staan onder voorsitterskap van die […]

Read More

Gesondheidstelsel is steeds sterk – Mabuza

Suid-Afrika se Covid-gevalle neem toe en in die afgelope 24-uur is 2 759 nuwe gevalle aangeteken. Intussen sê die EFF dat die land se gesondheidstelsel in duie gestort het. Die buurland se Adjunkpresident David Mabuza het ten sterkste van die EFF se verklaring verskil. Mabuza sê ondanks die pandemie is die land se gesondheidstelsel sterk:

Read More

NBC-optog gaan Vrydag voort

Die vreedsame protesoptog van NBC-werkers het Woensdag soos beplan verloop. Hulle het die geleentheid gehad om hul petisie aan die Namibiese Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voor te lees. Sy het belowe om Maandag terugvoering aan hulle te gee. Ihana Mbaha, Vakbondverteenwoordiger van die NBC, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die optog duur Vrydag voort.

Read More

Jongste oor plaaslike Covid-gevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 214 nuwe Covid-gevalle uit 1 891 toetsuitslae aangekondig. Uit die groep is daar 31 werknemers in mynwese, 13 leerders van verskillende skole, 5 studente en 12 gesondheidswerkers. Daar is nou 2 104 aktiewe gevalle met 180 pasiënte wat herstel het. Altesaam 200 mense gehospitaliseer, waarvan 54 in intensiewesorg-eenhede is. Ses sterfgevalle […]

Read More

Aanlyn tv-reeks oorsaak van Colonial kuberaanval

Die Colonial-pyplyn in Texas is weer oopgestel na ‘n kuberaanval vroeër die week. Die maatskappy amper die helfte van die totale brandstof aan die ooskus van die VSA. Die jongste berigte lui dat tekorte nog ‘n paar dae kan duur met brandstof tekorte so ver as New Jersey wat aangemeld is. Amerikaanse media berig dat […]

Read More