Pandemies: internasionale raad is nodig

Nóg ‘n rampspoedige pandemie kan vermy word indien ‘n nuwe wêreldwye bedreigingsraad geskep word met die mag om lande aanspreeklik te hou. Dit is een van die belangrikste hervormings wat in ‘n onafhanklike verslag deur ‘n hoëvlak oorsigpaneel voorgestel word. Die paneel is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot stand gebring en staan onder voorsitterskap van die voormalige Nieu-Seelandse Eerste Minister Helen Clark, en Oudpresident Ellen Johnson Sirleaf van Liberië.