Jongste oor plaaslike Covid-gevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 214 nuwe Covid-gevalle uit 1 891 toetsuitslae aangekondig. Uit die groep is daar 31 werknemers in mynwese, 13 leerders van verskillende skole, 5 studente en 12 gesondheidswerkers. Daar is nou 2 104 aktiewe gevalle met 180 pasiënte wat herstel het. Altesaam 200 mense gehospitaliseer, waarvan 54 in intensiewesorg-eenhede is. Ses sterfgevalle is aangemeld.