Inenting in Karas vorder baie goed

Die Hoof Mediese Beampte van die Keetmanshoop Staatshospital Dr. Refanus Kooper sê 80 persent van die gesondheidswerkers in die Karas-streek is reeds ingeënt teen Covid-19. Die eerste fase van die inentingsveldtog is ongeveer 3 weke gelede van stapel gestuur met net meer as 3 500 dosisse van die entstof wat in die streek beskikbaar gestel is. Kooper sê 2 000 dosisse is reeds benut en hy sê owerhede is tevrede met die vordering van die veldtog. Hy het ‘n beroep gedoen op inwoners wat nog nie geënt is nie, om na vore te tree. Mobiele inentingspunte word ook op die oomblik beplan om inwoners in landelike gebiede te bereik.