Ellen se kletsprogram eindig volgende jaar

Die Ellen DeGeneres-program eindig volgende jaar ná sy 19-de seisoen. DeGeneres het in ‘n onderhoud met Amerikaanse media gesê sy wou reeds ná die 16de seisoen daarmee ophou, maar is omgepraat om vir nog 3 jaar voort te gaan. Sy sê hoewel dit ‘n wonderlike en prettige program is, is dit nie langer ‘n uitdaging nie. Die 63-jarige DeGeneres het onlangs onder skoot gekom weens bewerings van rassistiese optrede en intimidasie deur mense wat aan die produksie werk. Haar program het meer as 60 Daytime Emmy-toekennings losgeslaan.