Burgemeester gee self werk vir 38 ‘vryheidstryd’ kinders

Die Burgemeester van Ondangwa Paavo Amwele het tydelike poste aan 38 sogenaamde Kinders van die Vryheidstryd toegeken. Luidens die jongste berigte het die groep meer as 2 maande gelede kamp opgeslaan by die kantore van die Ministerie van Arbeid op die dorp. Volgens Amwele het hy in sy private hoedanigheid die groep aangestel om die sentrale kerngebied van die dorp skoon te maak. Dit sal hom 10 000 Namibiese doller kos maar hy sê hy is tans besig om met besighede te onderhandel om lede van die groep aan te stel. ‘n Inwoner van die nabye Oniipa het ook belangstelling getoon om die groep te gebruik wanneer hulle werk in Ondangwa voltooi is. Amwele sê dit is belangrik om jongmense besig te hou sodat hulle wegbly van alkohol af.