NBC-optog gaan Vrydag voort

Die vreedsame protesoptog van NBC-werkers het Woensdag soos beplan verloop. Hulle het die geleentheid gehad om hul petisie aan die Namibiese Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila voor te lees. Sy het belowe om Maandag terugvoering aan hulle te gee. Ihana Mbaha, Vakbondverteenwoordiger van die NBC, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die optog duur Vrydag voort.